Inskrywings Gemerk ‘roepstem van die horison’
Lokvideo vir “Roepstem van die Horison”
‘n Lokvideo vir “Roepstem van die Horison” deur Johann Bacher is voltooi en is nou beskikbaar op die boek se webblad: http://www.cruguru.net/roepstem-van-die-horison.
Hierdie lokvideo is ook op YouTube beskikbaar by http://www.youtube.com/watch?v=FufBnpYx5XI. Julle is baie welkom om daar te gaan kyk en kommentaar te lewer.
Roepstem van die Horison
Deur Johann Bacher
‘n Versameling ware jag- en natuurverhale uit die ondervindinge van Johann Bacher
Roepstem van die Horison is ‘n versameling ware jag- en natuurverhale uit die ondervindinge van Johann Bacher (1937 – 2007). Johann Bacher was ‘n polisieman van beroep wat altyd na aan die natuur geleef het, maar voorts ‘n besondere mens in die sin dat hy ‘n uitstekende sportman was met Springbokkleure in amateurstoei en provinsiale kleure in stoei, boks, atletiek en swem, ‘n gesinsman, natuurkenner, jagter van formaat, maar ook skrywer en digter.
Roepstem van die Horison op Amazon.com
Roepstem van die Horison deur Johann Bacher is nou beskikbaar op Amazon.com vir Afrikaanse lesers in die VSA. Besoek asseblief Roepstem van die Horison se blad op CruGuru (www.cruguru.net/roepstem-van-die-horison) vir meer inligting, of gaan direk na die boek se Amazon-bladsy: http://www.amazon.com/gp/product/1920414657?ie=UTF8&tag=cruguru-20&linkCode=as2&camp=1789&creative=390957&creativeASIN=1920414657.