postheadericon Somer

SomerDeur C. M. Van Den Heever

Eerste liefde, jaloesie, hebsug en die mens se stryd teen die elemente om sy voortbestaan, word in hierdie novelle van C.M. van den Heever tot ‘n spannende klimaks gedryf.

Dit is hoogsomer en tyd om die koring te oes op Oom Tom se plaas voor die hael dit afslaan. Die plaas het eers aan sy voorsate behoort, maar nou besit hy ‘n deel, sy broer Frans ‘n deel en ‘n buitestaander, Faan, ‘n ander deel. Faan het die stuk grond gekoop van Tom se ander broer wat uitgeboer het. Faan se seun, Hannes, het ‘n ogie op Tom se pragtige sewentienjariger dogter, Linda.

Maar toe kom die swerwer-koringsnyer, Wynand, op die plaas aan en Tom huur hom summier om met die koring-oes te help. Linda raak verlief op hierdie stil, hardwerkende swerwer met die onbekende verlede en dit dryf Hannes tot raserny.

Intussen probeer Tom sy broer, Frans, uit ‘n finansiële verknorsing help, terwyl Faan sy oog op Frans se grond het, indien Frans nie sy skuld kan delg nie…

ISBN: 978-1-920265-85-4; 978-1-920265-87-8

Bestel-inligting:

Neem asb. kennis dat werklike pryse mag verskil van pryse wat hier gekwoteer is, omdat sekere boekverkopers van tyd tot tyd afslag op produkte bied en omdat sekere handelaars se pryse aan wisselkoerse onderworpe mag wees.

Tipe: Sagteband (6×9 duim)
Lande: VSA, VK, EU
Prys: $9.99
Handelaar: Lulu.com: Kliek Hier om te bestel

Tipe: E-Boek (PDF – aflaaibaar)
Lande: Wêreld
Prys: $4.97
Handelaar: Lulu.com: Kliek Hier om te bestel

Kommentaar is gesluit.

Nuusbrief
Om vars boekenuus van CruGuru af te kry, teken asseblief in op ons nuusbrief deur die onderstaande vorm te gebruik. Jy kan ter enige tyd van die nuusbrief onttrek as jy wil.

Vul jou e-pos adres in:

Diens gelewer deur FeedBurner

Jy gaan 'n e-pos van FeedBurner af ontvang sodra jy ingeteken het om jou e-posadres te bevestig.