postheadericon Roepstem van die Horison

Roepstem van die HorisonDeur Johann Bacher

‘n Versameling ware jag- en natuurverhale uit die ondervindinge van Johann Bacher

Roepstem van die Horison is ‘n versameling ware jag- en natuurverhale uit die ondervindinge van Johann Bacher (1937 – 2007). Johann Bacher was ‘n polisieman van beroep wat altyd na aan die natuur geleef het, maar voorts ‘n besondere mens in die sin dat hy ‘n uitstekende sportman was met Springbokkleure in amateurstoei en provinsiale kleure in stoei, boks, atletiek en swem, ‘n gesinsman, natuurkenner, jagter van formaat, maar ook skrywer en digter.

Hierdie boek bestaan nie net uit jagtersverhale nie, maar bevat ook ‘n unieke jagtersfilosofie wat soos ‘n goue draad deur die boek verweef is. Verder kleur die skrywer die wonder van die natuur en die skepping in met sy unieke skryfstyl en sorg hy dat sy liefde vir die Afrika-natuur ook by die leser sal aansteek. Die boek bevat vervolgens onontbeerlike praktiese veldwenke vir die jagter asook die natuurliefhebber.

ISBN: 978-1-920265-79-3; 978-1-920265-83-0; 978-1-920265-84-7

Bestelinligting:

Neem asb. kennis dat werklike pryse mag verskil van pryse wat hier gekwoteer is, omdat sekere boekverkopers van tyd tot tyd afslag op produkte bied en omdat sekere handelaars se pryse aan wisselkoerse onderworpe mag wees.

Tipe: Sagteband (6×9 duim)
Lande: Suid-Afrika
Handelaar: TakeALot.com: Kliek Hier om te bestel

Tipe: Sagteband (6×9 duim)
Lande: VSA
Handelaar: Amazon.com: Kliek Hier om te bestel

Tipe: E-Boek (PDF – aflaaibaar)
Lande: Suid-Afrika
Handelaar: bidorbuy.co.za: Kliek Hier om te bestel

Tipe: E-Boek (PDF – aflaaibaar)
Lande: Wêreld
Handelaar: tradebit.com: Kliek Hier om te bestel

Tipe: Sagteband
Lande: VSA, VK, EU
Handelaar: Lulu.com: Kliek Hier om te bestel

Tipe: E-Boek (PDF – aflaaibaar)
Lande: Wêreld
Handelaar: Lulu.com: Kliek Hier om te bestel

Roepstem van die Horison: Lokvideo

Hierdie lokvideo is ook op YouTube beskikbaar by http://www.youtube.com/watch?v=FufBnpYx5XI. Jy is welkom om dit daar te gaan kyk en kommentaar te lewer.

2 Responses to “Roepstem van die Horison”

Nuusbrief
Om vars boekenuus van CruGuru af te kry, teken asseblief in op ons nuusbrief deur die onderstaande vorm te gebruik. Jy kan ter enige tyd van die nuusbrief onttrek as jy wil.

Vul jou e-pos adres in:

Diens gelewer deur FeedBurner

Jy gaan 'n e-pos van FeedBurner af ontvang sodra jy ingeteken het om jou e-posadres te bevestig.