postheadericon Totsiens aan Gister op Facebook

Ons skrywer Edna Cane het ‘n Facebook-groep vir haar boek “Totsiens aan Gister” gestig. Besoek dit gerus om meer oor die boek te leer en teken asseblief in op die groep vir verdere nuus oor die boek.

Edna Cane kan ook op haar Facebook-blad gekontak word.

postheadericon Persverklaring: Boekvrystelling van “Roepstem van die Horison”

VIR ONMIDDELLIKE PUBLIKASIE

Boekvrystelling: Roepstem van die Horison

Johannesburg, Gauteng – 14 Maart 2011 – CruGuru Uitgewers

CruGuru Uitgewers wil graag die vrystelling van ‘n nuwe Afrikaanse boek in hulle stal aankondig: Roepstem van die Horison deur Johann Bacher.

Roepstem van die Horison is ‘n versameling ware jag- en natuurverhale uit die ondervindinge van Johann Bacher, en sal byval vind by jagters, natuurliefhebbers, lesers van outobiografieë, Namibiërs, oud-Suidwesters, en enige leser wat van ‘n boeiende ware Afrikaanse verhaal hou.

Johann Bacher het die volgende in sy voorwoord: geskryf: “Hierdie boek bevat ware gebeurtenisse in die jagveld en elders – soos wat deur my gesien en beleef was.”

Lees die res van hierdie inskrywing »

postheadericon Lokvideo vir “Roepstem van die Horison”

‘n Lokvideo vir “Roepstem van die Horison” deur Johann Bacher is voltooi en is nou beskikbaar op die boek se webblad: http://www.cruguru.net/roepstem-van-die-horison.

Hierdie lokvideo is ook op YouTube beskikbaar by http://www.youtube.com/watch?v=FufBnpYx5XI. Julle is baie welkom om daar te gaan kyk en kommentaar te lewer.

postheadericon Lokvideo vir “Totsiens aan Gister”

‘n Lokvideo vir “Totsiens aan Gister” deur Edna Cane is gemaak en is beskikbaar op die boek se webblad: http://www.cruguru.net/totsiens-aan-gister.

Hierdie lokvideo is ook op YouTube beskikbaar by http://www.youtube.com/watch?v=ni84vfj5g2I. Julle is welkom om ook daar te gaan kyk en kommentaar te lewer.

postheadericon Totsiens aan Gister

Totsiens aan GisterDeur Edna Cane

Die tequila queen, die Pretoria-prinses, the one and only, soos die liedjie sê. Dít is hoe Zani Calitz haarself graag beskryf. Sy voer ‘n sorgelose bestaan in Pretoria as kelnerin wie slegs vir fooitjies werk. Haar borrelende persoonlikheid en liefde vir gesels sorg egter dat sy nie juis oor geld hoef bekommerd te wees nie.

Zani is verlief op Carlos, maar hy soek net vriendskap, want hy en die groot liefde van sy lewe, Yvonne, het reeds ‘n standvastige verhouding. Zani probeer hard om van Carlos te vergeet deur drankmisbruik, dwelms, kuier, partytjies en harde werk, baie keer met ‘n babelaas op die koop toe.

Lees die res van hierdie inskrywing »

postheadericon Roepstem van die Horison

Roepstem van die HorisonDeur Johann Bacher

‘n Versameling ware jag- en natuurverhale uit die ondervindinge van Johann Bacher

Roepstem van die Horison is ‘n versameling ware jag- en natuurverhale uit die ondervindinge van Johann Bacher (1937 – 2007). Johann Bacher was ‘n polisieman van beroep wat altyd na aan die natuur geleef het, maar voorts ‘n besondere mens in die sin dat hy ‘n uitstekende sportman was met Springbokkleure in amateurstoei en provinsiale kleure in stoei, boks, atletiek en swem, ‘n gesinsman, natuurkenner, jagter van formaat, maar ook skrywer en digter.

Lees die res van hierdie inskrywing »

postheadericon Somer

SomerDeur C. M. Van Den Heever

Eerste liefde, jaloesie, hebsug en die mens se stryd teen die elemente om sy voortbestaan, word in hierdie novelle van C.M. van den Heever tot ‘n spannende klimaks gedryf.

Dit is hoogsomer en tyd om die koring te oes op Oom Tom se plaas voor die hael dit afslaan. Die plaas het eers aan sy voorsate behoort, maar nou besit hy ‘n deel, sy broer Frans ‘n deel en ‘n buitestaander, Faan, ‘n ander deel. Faan het die stuk grond gekoop van Tom se ander broer wat uitgeboer het. Faan se seun, Hannes, het ‘n ogie op Tom se pragtige sewentienjariger dogter, Linda.

Lees die res van hierdie inskrywing »

postheadericon Pieter Plaasmuis en Stefan Stadsmuis

Pieter Plaasmuis en Stefan StadsmuisDeur Beatrix Potter

Pieter Plaasmuis beland per ongeluk in ‘n deftige huis in die stad waar hy gou vriende maak met Stefan Stadsmuis.

Daar is elegante en formele etes, allerhande smullekker kosse om van te droom, gerieflike slaapplek… maar daar is ook ‘n kat wat muise jaag, ‘n kok wat nie van muise hou nie, ‘n vreeslike gerumoer die hele dag lank…

Lees die res van hierdie inskrywing »

postheadericon Loeloeraai

LoeloeraaiDeur C. J. Langenhoven

Loeloeraai, wat oorspronklik in 1923 uitgegee is, is heel moontlik die eerste Afrikaanse verhaal in die wetenskapsfiksie-genre.

Die meeste van die kleurvolle karakters in die boek is ou bekendes uit Langenhoven se ander verhale, soos Kerneels, Vroutjie, Engela, oom Stoffel, Watwo en Herrie, Kerneels se mak olifant. Dan is daar Loeloeraai, ‘n onverwagse besoeker van Venus wat een aand met sy ruimtetuig op Kerneels se werf land. Eers is Kerneels-hulle baie agterdogtig oor die wyse vreemdeling vanuit die buitenste ruim, maar gaandeweg leer hulle dat hy in vrede gekom het. Die gereg wil hom egter in die tronk stop omdat hy die land onwettig binnegekom het…

Lees die res van hierdie inskrywing »

postheadericon Gebed vir Nog ‘n Nuwe Dag

Gebed vir Nog 'n Nuwe DagDeur J. H. Jowett

‘n Gebed vir Elke Dag van die Jaar

Gebed vir Nog ‘n Nuwe Dag bevat ‘n kort gebed vir elke dag van die jaar om jou gebedslewe te lei en te vervul. Hierdie gebede dring reguit deur na jou hart se diepste kamers en open jou oë vir die allesomvattende liefde van Jesus Christus deur jou te leer om te luister en stil te wees in die Here.

Lees die res van hierdie inskrywing »

Nuusbrief
Om vars boekenuus van CruGuru af te kry, teken asseblief in op ons nuusbrief deur die onderstaande vorm te gebruik. Jy kan ter enige tyd van die nuusbrief onttrek as jy wil.

Vul jou e-pos adres in:

Diens gelewer deur FeedBurner

Jy gaan 'n e-pos van FeedBurner af ontvang sodra jy ingeteken het om jou e-posadres te bevestig.