postheadericon Vrae

Waar kan ek julle boeke aankoop?

Ons boeke is op die oombik slegs op die Internet beskikbaar. As jy in ‘n spesifieke boek belangstel, kliek op die boek om die volle boek-inligting te besigtig. Daar sal jy kan sien in watter media-formate die boek beskikbaar is en wat die pryse is. Jy sal ook die skakels vind na ons vennote wat die elektroniese handel en die aflewering vir ons hanteer.

Is dit veilig om julle boeke op die Internet aan te koop?

Ja, absoluut! Ons vennote wat die elektroniese handel en die aflewerings hanteer is bekende en gerespekteerde maatskappye wat aanlyn-transaksies slegs in die mees veilige omgewings hanteer. As jy meer vrae het, gaan loer gerus op hulle webwerwe om te sien hoe hulle die bestellings hanteer.

Hoe lank neem dit voordat ek my boek ontvang?

Aflaaibare e-boeke en oudio-boeke is dadelik na suksesvolle afhandeling van die aankoop-transaksie beskikbaar om afgelaai te word. Vir gedrukte boeke en oudio-boeke op CD moet jy eers by ons vennoot wat die boek verkoop uitvind hoe lank die bestelling sal duur. Gewoonlik gee hulle reeds ‘n aanduiding wanneer jy die boek bestel. Dit hang ook af van die metode van pos-bestelling wat gebruik word. Onthou asb. dat posgeld gewoonlik addisioneel gehef word tot die prys van die boek (dit geld gewoonlik nie vir aflaaibare boeke in elektroniese formate nie.)

Nuusbrief
Om vars boekenuus van CruGuru af te kry, teken asseblief in op ons nuusbrief deur die onderstaande vorm te gebruik. Jy kan ter enige tyd van die nuusbrief onttrek as jy wil.

Vul jou e-pos adres in:

Diens gelewer deur FeedBurner

Jy gaan 'n e-pos van FeedBurner af ontvang sodra jy ingeteken het om jou e-posadres te bevestig.